Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie op soek na verdagte wat glo man buite nagklub vermoor

Polisie op soek na verdagte wat glo man buite nagklub vermoor het

fotokrediet: SAPD
Polisie op soek na verdagte wat glo man buite nagklub vermoor het fotokrediet: SAPD

Lees ook: Mans gesien wat peuter met liggaam

SYDENHAM. – Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na ’n verdagte wat glo in 2020 ’n man buite ’n nagklub vermoor het.

Jonas George Tsautse (33) het Meluleki Mbewana (32) glo op 23 September 2020 buite ’n nagklub na ’n argument doodgeskiet.

Hy het hom aanvanklik aan die polisie oorhandig en is in die Durban-landdroshof aangekla waar hy op borg vrygelaat is.

Hy moes op 22 Februarie 2024 in die hof verskyn vir sy verhoor, maar het gevlug.

Bronne: SAPD

Lees ook: Mans gesien wat peuter met liggaam