Brekende Nuus
Afrikaans

Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis

Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis
fotokrediet: NSRI
Man wat meisie (12) van verdrinking wou red, vermis fotokrediet: NSRI

Lees ook: Ma en seun in huis vermoor

WES-KAAP. – ’n Man wat Saterdag ‘n meisie (12) by Monwabisi-strand in Valsbaai van verdrinking wou red, word vermis.

Nicky Whitehead, die NSRI Strandfontein-stasiehoof, het gesê die NSRI is Saterdag gebel oor ’n verdrinking by Monwabisi-strand.

‘n Man (34) wat die meisie, wat glo in skeurstrome vasgevang is, wou help, het self onder die water verdwyn. Die man en die meisie is nie familie nie.

Die meisie is na ‘n hospitaal geneem waar sy dood verklaar is.

Na ’n soektog is die man steeds vermis. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: NSRI

Lees ook: Ma en seun in huis vermoor