Lees ook: Polisie in Gauteng kry 778 onwettige vuurwapens en 3 827 rondtes ammunisie
PHUTHADITJHABA. – Die polisie is op soek na twee verdagtes wat glo ’n vrou (60) en haar seun (40) in hulle huis doodgeskiet het.
Die verdagtes het glo Saterdag 23 November aan die deur van die slagoffers se huis geklop. Hulle het na bewering gevra waar die vrou se ouer seun is. Sy het gevra hoekom hulle hom soek. Hulle is na sy slaapkamer toe, waarna die jongste broer, wat in die huis was, skote gehoor en weggehardloop het.
Die ma en ouer seun se liggame is in die slaapkamer met skietwonde aan hulle koppe gevind.
Die motief vir die moord is nog onbekend.
Bronne: SAPD
Lees ook: Polisie in Gauteng kry 778 onwettige vuurwapens en 3 827 rondtes ammunisie





