Brekende Nuus
Afrikaans

Sadou dreig as Bela-wet nie ingestel word nie

Sadou dreig as Bela-wet nie ingestel word nie
fotokrediet: Canva
Sadou dreig as Bela-wet nie ingestel word nie fotokrediet: Canva

Lees ook: Ramaphosa onder druk oor Bela-wet

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysunie (Sadou) het ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur om te eis dat klousules 4 en 5 van die Bela-wet teen 13 Desember 2024 ingestel word.

Die unie het gedreig met regsaksie en stakings as die klousules nie ingestel word nie.

Volgens Sadou is die wet geteken en nie onkonstitusioneel in enige hof verklaar nie. Die unie het ook gesê dit erken nie die skikking tussen die minister van basiese onderwys en Solidariteit nie en sal nie “wit oppergesag toelaat om die departement van onderwys te gebruik om hulle rassisme te beoefen nie”.

Bronne: SADTU

Lees ook: Ramaphosa onder druk oor Bela-wet