Lees ook: John Steenhuisen waarsku teen afdanking van DA-minister
President Cyril Ramaphosa is tans onder druk oor die finalisering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) wat die week moet plaasvind.
Die Suid-Afrikaanse demokratiese onderwysunie het gedreig om te staak as die wet aangepas word terwyl ander organisasies hom met hofaksie dreig as hy die taal- en toelatingsklousules instel.
Ramaphosa moet Vrydag 13 Desember besluit of die twee klousules geïmplementeer gaan word na hy die wetsontwerp in September geteken het.
Die Suid-Afrikaanse menseregtekommisie het ook aan Ramaphosa geskryf omdat hulle ongelukkig is dat hulle nie by die besluitneming ingesluit is nie. Dit volg na die minister van basiese onderwys en Solidariteit ‘n skikking oor die klousules bereik het wat die presidensie gesê het geen impak gaan hê op die besluit nie.
Die DA wil hê die skikking moet geëer word.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, eNCA
Lees ook: John Steenhuisen waarsku teen afdanking van DA-minister