Ivan D. Lucas (62) is na ‘n siekbed met kanker in ‘n hospitaal in Johannesburg oorlede.
Hy was met lewer- en pankreaskanker gediagnoseer.
Hierdie befaamde akteur en musikant sal onthou word vir verhoogproduksies, asook rolle in Leon Schuster komedie-films.
Vinette Ebrahim, bekende aktrise en Lucas se lewensmaat, was ten tyde van sy afsterwe by hom.
Verskeie huldeblyke is op sosiale media gedeel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: