Brekende Nuus
Afrikaans

Motorbestuurder doodgery toe hy band wou ruil

Hy is met die aankoms van paramedici op die toneel dood verklaar.

Man doodgery toe hy pap wiel wou ruil
Foto: Ter illustrasie Canva

‘n Motorbestuurder is Saterdagaand op die R21 in die omgewing van die Irene Village Mall, in Centurion, Gauteng doodgery.

Emer-G-Med sê paramedici het hulle na die ongelukstoneel gehaas waar ‘n motoris gestop het om ‘n pap band te ruil en deur ‘n ander voertuig getref is.

Hy is met die aankoms van paramedici op die toneel dood verklaar.