Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk video: Karlien van Jaarsveld deel video van kinders wat musiek maak

"#startingaband"

Karlien van Jaarsveld sing saam tweeling
Foto: Skermgreep video Karlien van Jaarsveld Facebook-blad

Karlien van Jaarsveld het ‘n video-opname op sosiale media gedeel van Daniël, een van ‘n tweeling, wat sy eie dromstel gemaak het.

Sy vra na tipe dromme uit, terwyl Daniël telkemale na sy dromme wys.

Eliah kan agterna gesien word met Karlien se elektriese kitaar op die skoot waar hy saam met mamma Karlien en Daniël We Will Rock You uitvoer.

Natuurlik sluit die twee kleinstes aan om die musiek te geniet.

Lees wat sy sê:

My kinders weet al, ek koop nie net iets nie, ek wil eers sien dat hulle regtig iets kan speel, of belangstel daarin voor ek sal kyk na ‘n aankoop, dit tel van ‘n rugby toks tot ‘n kitaar. Die elektriese kitaar is myne…

Daniël steur hom dan nie veel aan my nie, hy bou solank sy eie drumkit…

#startingaband💡😅