Solly Tayob (65), ‘n sakeman van Burgersfort in Mpumalanga, is volgens AO Lethunya Mmuroa op 2 Junie 2023, omstreeks 19:45, deur swaar gewapende mans “met militêre presisie” by sy besigheid ontvoer.
‘n Multi-dissiplinêre span, wat die Valke insluit, het Tayob opgespoor. Hy is Vrydag 30 Junie met sy familie herenig.
Die span het tydens die ondersoek van kuber-forensiese en onkonvensionele ondersoekmetodes gebruik gemaak.
Twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, het reeds in die Praktiseer-landdroshof verskyn en sal weer vandag 3 Julie in die hof verskyn.
Die polisie-ondersoek duur voort.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: