Brekende Nuus
Afrikaans

Drie mans verdrink in die Wilgerivier

Drie mans het Sondagoggend vroeg in die Wilgerivier verdrink.

Drie mans verdrink in Wilgerivier
Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Rakometsi lazarus Thithi (28), Prince Mako (33) en Money Mofokeng (37 het Sondagoggend vroeg toe hulle bakkie van ‘n brug af is in die Wilgerivier op Oranjeville verdrink.

Sers. Josephine Rani sê na bewering het die mans in ‘n Toyota Hilux-bakkie van Frankfort na Oranjeville gery, waarna hulle glo op die Magrietha Prinsloo-brug beheer oor die voertuig verloor het en dit in die rivier geval het.

Die polisie se duikeenheid, sowel as die honde-eenheid se soek-en-reddingspan het die liggame van die oorledenes uit die water gehaal.

Die Oranjeville-speurtak ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.