Brekende Nuus
Afrikaans

‘Roofslagoffer’ doodgeskiet

'n Vermoedelike roofslagoffer is Woensdagaand dood in 'n straat aangetref.

Roofslagoffer dood aangetref
Foro's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. ‘n Man (26) wat moontlik ‘n slagoffer van ‘n roof was, is Woensdagaand in Willow Close in Trenance Park doodgeskiet.

Reaction Unit South Africa sê verskeie oproepe vir hulp is ontvang.

Reaksiebeamptes is onmiddellik na die toneel waar die slagoffer in die straat gelê het. Volgens inwoners het hulle twee skote gehoor en met ondersoek op die lewelose liggaam van die slagoffer afgekom.

Die oorledene se selfoon en beursie was nie by hom gevind nie.

‘n Moordsaak word ondersoek.

Bron: Reaciton Unit South Africa