Brekende Nuus
Afrikaans

Twee verdagtes vir moord op bejaardes in hof vir borg

Twee verdagtes is vir die dubbele moord van bejaardes vasgetrek.

Betsy en Pieter Senekal
Foto: The Daily Voice

WES-KAAP. – Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die dubbele moord op bejaardes Maandag in Markstraat, Parow-Vallei. Beide sal volgende week vir borgaansoek in die hof verskyn.

Adj.off. Joseph Swartbooi sê die Parow-polisie is Maandag omstreeks 08:30 na die toneel van ‘n klagte en het op die liggame van ‘n man (71) en ‘n vrou (77) afgekom. Beide is op die toneel dood verklaar. Volgens rapportering het onbekende verdagtes die huis deur die dak binnegegaan en die bejaarde egpaar wreed aangerand.

Sedertdien het ‘n ondersoekspan ‘n verdagte, ‘n 27-jarige man, in hegtenis geneem wat Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn het. Die saak is vir sy borgaansoek tot 29 November uitgestel.

Swartbooi sê ‘n tweede verdagte is Woensdag in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn.

Bron: SAPD