Brekende Nuus
Afrikaans

Tienerverdagtes vir dwelmhandel vasgetrek

Twee tienerverdagtes is met dwelms en kontant deur reaksiebeamptes vasgetrek.

Tienerverdagtes vir beweerde dwelmhandel vasgetrek
Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. Twee tienerseuns, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, is Donderdagmiddag vir beweerde dwelmhandel langs die R102 in die Canelands-omgewing vasgetrek.

Reaction Unit South Africa sê die tieners het na bewering met rocks kokaïen handel gedryf.

Reaksiebeamptes was op soek na roofverdagtes toe hulle glo op 70 verpakte rocks kokaïen wat reg is om verkoop te word, sowel as kontant van meer as R2 000 by die tieners gevind het.

Die 17-jarige is ‘n gr.11-leerder by ‘n skool in Verulam.

Een van die tienerverdagtes is telefonies deur hul verskaffer gekontak wat die raad gegee het om die geld aan die reaksiebeamptes in ruil vir hulle vrylating te gee. Reaksiebeamptes het die aanbod van die hand gewys en beide die tieners en bewysstukke aan die Verulam-polisie oorhandig.