Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk video: Werner de Jager verskyn vir die moord op Liezel de Jager in hof

Werner de Jager, die man van die vermoorde Liezel de Jager, het vandag as aangeklaagde vir haar moord in die hof verskyn.

Werner en Liezel de Jager
Foto: Liezel de Jager Facebook

Werner de Jager (45), die man van die vermoorde dominee Liezel de Jager, het vandag in die Durban-landdroshof verskyn.

Ian Cameron van Action SA sê dit is reeds 775 dae sedert haar moord en uiteindelik het haar man, wat vir haar moord aangekla is, in die hof verskyn.

Die saak vir ‘n formele borgaansoek is tot 7 Desember uitgestel.

Brig. Athlenda Mathe sê die deurbraak kom nadat die polisie se eenheid vir onopgeloste misdade die ondersoek op 6 November oorgeneem het.

Liezel de Jager is op 13 Oktober 2021 op Amanzimtoti by haar huis vermoor.

Die egpaar het twee jong dogters.

Bron: Ian Cameron en SAPD