Brekende Nuus
Afrikaans

Upington-polisie vra hulp met vermiste man

Febian Fransman: SAPD
Febian Fransman: SAPD

UPINGTON. – Die SAPD in Upington versoek die gemeenskap se hulp om ’n vermiste man, Febian Fransman (27), op te spoor.

Febian is laas op Saterdag 2 Desember gesien toe hy sy ma by die werk gaan aflaai het.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy sy wit Audi A4 met registrasienommer DCK678NC, om 13:00 by Gordonia Motors met brandstof gaan volmaak het.

Enigiemand met inligting kan sers. Bahedile Nkwadipo by 082 495 4615 kontak of dit by die naaste polisiekantoor aanmeld.

Bronne: SAPD, Facebook, Twitter