Brekende Nuus
Afrikaans

Pa van Victoria-Wes vir verkragting van dogter tronk toe gestuur

'n Pa wat sy minderjarige dogter verkrag het, is vir 15 jaar tronk toe gestuur.

Pa vir dogter se verkragting tronk toe gestuur
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Pa (45) is deur die Victoria-Wes-landdroshof vir 15 jaar tronk toe gestuur, nadat hy sy 8-jarige dogter verkrag het.

Lt.kol. Sergio Kock sê die vonnis word verwelkom.

Die verkragting het op 6 Julie 2019 plaasgevind, waarna dit aan die polisie gerapporteer is. Die pa is dieselfde dag nog in hegtenis geneem en borg is geweier.

Hy is aan verkragting van sy dogter skuldig bevind en gevonnis.

Bron: SAPD