Altesaam 10 000 nuwe polisiekonstabels wat hulle basiese opleiding voltooi het, word van gister af landswyd by verskeie opleidingsfasiliteite deur die SAPD tydens seremoniële uitpasseringsparades verwelkom.
Uitpasseringsparades sal van Woensdag tot Vrydag regdeur die land plaasvind. Dit sal deur hooggeplaastes bygewoon word. Sommige provinsies het meer as een opleidingsfasiliteit en daar sal dus meer as een parade in so ‘n provinsie plaasvind.
President Cyril Ramaphosa sal Donderdag die uitpassering in Kimberley by die SANDF 3 SAI Bataljon bywoon waar meer as 1 400 konstabels voorgestel sal word.
Ander parades het gister in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KZN en die Vrystaat plaasgevind. Vandag sal parades in die Oos-Kaap, Noord-Kaap, KZN en in Noordwes gehou word. Die parades sal Vrydag met dié in Gauteng afgesluit word.

Bron: SAPD