Brekende Nuus
Afrikaans

Man (67) tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet

'n Man (67) is Sondagoggend op 'n kleinhoewe buite Amalia doodgeskiet.

Man tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Man (67) is Sondagoggend op ‘n kleinhoewe buite Amalia doodgeskiet.

Lt.kol. Amanda Funani sê volgens inligting het die oorledene en sy vrou van inkopies in Schweizer-Reneke na die kleinhoewe teruggekeer.

Na bewering het hulle die verdagte in hul huis betrap. Die verdagte het glo geld geëis en die oorledene verskeie kere geskiet.

Die verdagte het met twee selfone, ‘n onbekende bedrag kontant en ‘n vuurwapen van die oorledene in sy voertuig gevlug.

Die voertuig van die oorledene is later in Ipelegeng gevind.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie, maar ‘n soektog na die verdagte is geloods.

Die polisie het sake van moord en roof geregistreer.

Bron: SAPD