Brekende Nuus
Afrikaans

Winter amptelik na somersonstilstand op pad

n Somersonstilstand vind plaas wanneer die suidpool ten volle na die son gedraai is. In die noordelike halfrond was dit wintersonstilstand

Winter is amptelik na die somersonstilstand op pad  Foto: Star Walk
Winter is amptelik na die somersonstilstand op pad Foto: Star Walk

Die suidelike halfrond se somersonstilstand het op Vrydag plaasgevind. Suid-Afrikaners het die langste dag en kortste nag in terme van sonskyn van die jaar gehad.

’n Somersonstilstand vind plaas wanneer die suidpool ten volle na die son gedraai is. In die noordelike halfrond was dit wintersonstilstand. Die noordpool was op die verste hoek weg vanaf die son gedraai. Hulle inwoners het dus die langste nag van die hele jaar gehad.

As dit nie vir die son wat teen ’n hoek van 23,5° gedraai is nie, sou daar nie vier seisoene gewees het nie.

Primêre weersisteme gaan van nou af noordwaarts saam met die son se posisie migreer wat vir Suid-Afrika kouer weer gaan bring.

Bronne: BBC, EarthSky, ABC