Elon Musk se 18-jarige dogter het wettiglik haar naam verander om haarself van haar miljoenêr-pa te distansieer.
“Ek bly nie meer by my biologiese pa nie en wil nie meer op enige manier of vorm aan hom verwant wees nie,” skryf sy in ‘n versoek om haar naam te verander en ‘n nuwe geboortesertifikaat te kry.
The Guardian berig Musk se dogter het ook haar geslag van manlik na vroulik verander toe sy 18 jaar oid geword het.
Die hofdokumente is onlangs aan die plaaslike media bekendgemaak en haar nuwe naam is nie in die dokumente bekendgemaak nie.
Haar ma, Justine Wilson, was van 2000 tot 2008 met Musk getroud voor hulle geskei het. Musk en Wilson het vyf kinders saam, en Musk het ook twee kinders by die sangeres Grimes.
Wilson het Dinsdag getwiet dat sy trots is op haar dogter.
Woordvoerders vir Musk se dogter kon nie bereik word vir kommentaar nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.