OOS-KAAP. – Die video waarin twee vrouens en ‘n polisiebeampte in ‘n bakleiery betrokke raak, is die naweek oral op sosiale media gedeel.
Sinalo Phambaniso, die vrou in die video, beweer sy en haar vriende was gekaap en hulle het toe hulp by die polisiestasie gaan soek. Tydens die beweerde kaping is hulle motor en beursies glo gesteel. In die video waarin die voorval afspeel, beweer sy die polisie het hulle hardhandig hanteer en op hulle gevloek.
Die voorval het na bewering by die Motherwell-polisiestasie plaasgevind. Die polisie het bevestig hulle is bewus van die video wat oral gedeel word.
“Die bestuur van die Suid-Afrikaanse polisiediens het daarom ‘n dringende ondersoek na die saak gelas om die feite agter die voorval vas te stel,” het brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, die naweek aan News24 gesê.
LEES OOK: Pa sterf na vyf dae se baklei in hospitaal
LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk
Hou Nuusflits dop vir die nuutste nuus.