Brekende Nuus
Misdaad

Nkuna en voormalige polisiebeampte vandag gevonnis vir Mogashoa-dubbelmoord

Foto: SAPD

Luister hier onder na ‘n stemnota van Lucky en Sabeilewe Mogashoa se dogter wat slegs een jaar oud was toe haar ouers voor haar vermoor is.

GAUTENG. – Die veroordeelde reeksmoordenaar Rassie Hlabirwa Nkuna en die voormalige polisiebeampte Jacob Mothibe Chego verskyn vandag (2 September) in die Pretoria-hooggeregshof vir vonnisoplegging. Hulle is skuldig bevind aan die moord op Lucky en Sabeilewe Mogashoa.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die egpaar is in Maart 2022 naby die Etwatwa-afrit langs die N12 in Ekurhuleni vermoor terwyl hul twee jong kinders teenwoordig was. Sabeilewe was ten tyde van haar dood hoogswanger. Die familie van Sabeilewe het toestemming gegee dat ’n emosionele stemnota van haar dogter gedeel word. Die kind was slegs een jaar oud toe haar ouers vermoor is. In die stemnota vertel die dogtertjie hoe baie sy haar ouers mis, terwyl haar ouma aan haar verduidelik dat die polisie onverpoosd gewerk het om die “slegte man” wat haar ouers weggeneem het, op te spoor.

Nkuna dien reeds twee lewenslange vonnisse uit vir die moorde op sy destydse meisie, Pretty Mazibuko, en haar suster, Marcia Mazibuko, in Mpumalanga. Hy sal na verwagting volgende jaar op die moordaanklag van Hilary Gardee in die hof verskyn.