Brekende Nuus
Uncategorized

Vrystaatse polisiewoordvoerder sterf ná siekte

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die polisiediens rou oor die dood van sers. Mahlomola Peter Kareli, die provinsiale polisiewoordvoerder, wat vanoggend ná ’n tydperk van swak gesondheid oorlede is.

Brig. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Kareli se dood is ’n groot verlies vir die organisasie. Hy was ’n bekende skakel tussen die polisie, media en gemeenskappe in die Vrystaat en het vir meer as 18 jaar in die polisie gedien. Kareli het op 14 Julie 2008 by die polisie aangesluit en is in 2014 na die provinsiale kommunikasiestrukture oorgeplaas. Hy was verantwoordelik vir die verspreiding van belangrike inligting onder polisiebeamptes, die media en publiek oor polisie-bedrywighede, operasies en inisiatiewe. Hy laat sy vrou, ’n dogter en ’n seun agter.

Die polisie spreek sy medelye aan Kareli se familie, vriende en kollegas uit en vra dat die familie se privaatheid gedurende hierdie tyd gerespekteer word. Besonderhede oor ’n gedenkdiens en begrafnis sal later bekend gemaak word.

Nuusflits betuig medelye met die polisiewoordvoerder se afsterwe.