Brekende Nuus
Nuus

Egpaar tydens huisroof op plaas met knopkierie gedreig

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – ’n 66-jarige man en sy 69-jarige vrou is tydens ’n huisroof by Zilkaatsnek, Mmakau, met ’n knopkierie gedreig.

Konst. Thuto Bobelo, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die man is laat Vrydagaand deur sy vrou wakker gemaak, nadat sy ’n geluid buite die huis gehoor het. Hy het ondersoek ingestel en twee onbekende mans met vermomming op die perseel aangetref. Die egpaar is om die huis agternagesit en met ’n knopkierie gedreig.

Die verdagtes het met die man se polshorlosie en selfoon laat spaander. Niemand is beseer nie en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak.