Suid-Afrika het die Verenigde State gevra om die land se demokrasie en soewereiniteit te respekteer, nadat Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake nuwe visabeperkings aangekondig het.
Ronald Lamola, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het volgens die departement met kommer kennis geneem van die aankondiging. Dirco sê Suid-Afrika het die soewereine reg om wette en beleid in plek te stel om die gevolge van historiese ongeregtigheid aan te spreek. Die regering sê hy respekteer die VSA se reg om sy eie wette te maak en verwag dieselfde respek vir Suid-Afrika se Grondwet, demokrasie en soewereiniteit.
Dirco sê voortgesette gesprekke tussen die twee lande is nodig om die uitdagings in hul betrekkinge deur konstruktiewe diplomatieke gesprek op te los, eerder as deur eensydige optrede.
Druk hier om meer te lees.