Brekende Nuus
Nuus

Liggaam op Tafelberg gevind ná soektog na vermiste stapper

Foto: Missing Person South Africa

WES-KAAP. – Die liggaam van ’n volwasse man is Donderdagmiddag op Tafelberg gevind nadat ’n soektog na die 46-jarige Wayne Barnard begin is. Barnard is Woensdag as vermis aangemeld nadat hy laas op Tafelberg gesien is.

Kapt. F.C. Van Wyk, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits polisiebeamptes en Wildernis-soek-en-redding (WSAR) het aan die soektog deelgeneem. Die liggaam is omstreeks 12:00 gevind en hoewel daar geglo word dit is dié van die vermiste man, is formele identifikasie deur sy familie steeds aan die gang. ’n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer en ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood vas te stel.

Missing Person South Africa het ook die afsterwe en vonds van ‘n liggaam op Tafelberg bevestig.

Bronne: SAPD en Missing Person South Africa