Brekende Nuus
Nuus

Renjaer in Sebenza-gebied doodgeskiet

Foto: Backdraft Racing South Africa en ATS Motorsport Supplies

Waarskuwing! Die video kan lesers ontstel. Druk hier om dit te sien.

GAUTENG. – Robert Wolk (41), ‘n bekende in motorresieskringe, is Woensdag in Esther Park doodgeskiet. Die Sebenza-polisiekantoor ondersoek ’n moordsaak. ‘n Video van die voorval word wyd op sosiale media gedeel, terwyl medelye vir Wolk se naasbestaandes geplaas word.

Wendy Pascoe het Wolk as die man in die video geïdentifiseer. Volgens polisiewoordvoerder, kol. Dimakatso Nevhuhulwi, het die polisie op ‘n klagte van ‘n skietvoorval op die hoek van Gamwoodstraat en Portlandrylaan gereageer. ‘n Man is met skietwonde aangetref en is op die toneel dood verklaar. ’n Audi wat vermoedelik aan die slagoffer behoort het, is ook op die toneel gevind.

Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie. Die motief vir die skietery vorm deel van die polisie se ondersoek.

Lees ook die verklaring van Motorsport South Africa deur hier te druk.