WES-KAAP. – Die familie van Mariette Mouton (73), wat Maandag in haar huis op Bredasdorp vermoor is, het haar dood bevestig.
Magriet Mouton het ‘n verklaring namens die familie op sosiale media gedeel. Die familie beskryf Mouton as die hart van hul gesin en sê sy was warm, vrygewig en standvastig in haar geloof. Hulle het hul dank uitgespreek teenoor die Bredasdorp-gemeenskap, vriende en almal wat hulle ná haar dood bygestaan het. Die familie het ook die polisie bedank vir hul werk tot dusver, met spesifieke erkenning aan kapt. Linda Volkswyn.
Die Mouton-familie doen ’n dringende beroep op enigiemand wat moontlik inligting oor die moord het om die polisie te kontak. Hulle sê selfs inligting wat aanvanklik onbelangrik mag lyk, kan moontlik help om geregtigheid vir Mouton te verseker. Die familie vra ook privaatheid terwyl hulle oor die verlies van hul geliefde rou.
Kapt. F.C. Van Wyk, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits Mouton se man was in die tuin aan die agterkant van die huis in Republiekstraat besig toe toegang tot die woning deur ’n agterdeur verkry is wat nie gesluit was nie.
Die slagoffer se man het haar later in die huis gevind, waarna hulp ontbied is. Daar is vasgestel dat sy vermoor is en dat items uit die woning vermis word. Die polisie het ’n moord–en-huisroofdossier vir ondersoek geregistreer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Enigiemand met relevante inligting tot die saak kan kapt. Volkswyn by Bredasdorp-polisie bel.
Statement on behalf of the family of Mariette Mouton
It is with broken hearts that we confirm the death of our beloved mother, grandmother, wife, sister, aunt, sister in law and friend, Mariette Mouton (73), who was murdered in her home in Bredasdorp on Monday.
Mom was the heart of our family. She was warm, generous and steadfast in her faith, and her love held us all together.
That her life was taken so cruelly, in the place where she should have been safest, is beyond our understanding.
We are deeply grateful to the Bredasdorp community, our friends, and everyone who has reached out to us. Your messages, prayers and care mean more than we can say and is of great comfort to us. We also thank the police for their work so far, especially Captain Linda Volkswyn.
We urgently appeal to anyone with information, however small, to contact the police. Something that seems insignificant may help bring justice for our mother.
Investigating officer Captain Volkswyn, Bredasdorp SAPS: Crime Stop: 08600 10111
We ask that the media and the public respect our privacy as we grieve this monumental loss.
The Mouton family