Die pryse van alle geregistreerde medisyne wat op die nasionale databasis gelys is, het vanaf 1 Oktober met 2,88% gestyg.
Volgens die departement van gesondheid is die verhoging in die gereguleerde enkeluitgangsprys (SEP) ingestel om vervaardigers tydelike verligting te bied te midde van stygende insetkoste, druk op voorsieningskettings en geopolitiese faktore wat die beskikbaarheid van medisyne kan beïnvloed. Alle medisyne wat teen 30 September 2026 op die nasionale databasis geregistreer en gelys was, insluitend alle verwante verpakkingsgroottes, word deur die verhoging geraak. Die departement sê die besluit volg ná volgehoue gesprekke met die farmaseutiese sektor en is daarop gemik om bekostigbaarheid vir pasiënte en mediese skemas met ’n volhoubare voorsiening van medisyne te balanseer.
Die SEP is die gereguleerde maksimumprys waarteen vervaardigers en invoerders medisyne in die private sektor aan onder meer apteke, dokters wat medisyne uitgee en hospitale mag verkoop. Die SEP is nie op die staat van toepassing nie.
Bron: SAnews.gov.za / Departement van Gesondheid
Druk hier om meer te lees.