Brekende Nuus
Nuus

16-jarige in hof ná beweerde poging tot moord

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – ‘n 16-jarige seun het Woensdag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn in verband met ’n beweerde poging tot moord op ’n minderjarige in die Ballito-omgewing. Die voorval het na bewering op Dinsdag 13 Oktober plaasgevind. Die tiener staan ook tereg op aanklagte van huisbraak en betreding.

Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerder, sê die saak is ná die tiener se verskyning in die kinderhof tot Vrydag vir ‘n borgaansoek uitgestel. Die staat sal die aansoek vir borgtog teenstaan. Die beskuldigde sal intussen by ’n jeugfasiliteit aangehou word.