KWAZULU-NATAL. – Die polisie doen ’n beroep op die publiek om te help om Andile Mzimela en Masandi Mzimela op te spoor in verband met ’n ondersoek na ’n driedubbele moord wat op 28 Desember 2023 in Shakaskraal plaasgevind het.
Lt.kol. Paul Magwaza, polisiewoordvoerder, sê speurders van die provinsiale eenheid vir moord en roof glo dat die twee mans oor inligting beskik wat kan help om die saak op te los. Volgens die polisie was Siyabonga Mthembu, Velenkosini Blose en Eusebio Santos op die dag van die voorval in ’n plakkershut toe twee mans ingestap en op hulle losgebrand het. Al drie slagoffers is noodlottig gewond.
Enigiemand wat weet waar die twee hulle bevind, kan kol. Ngcobo by 082 334 8123 bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: