Die Afrikaanse sanger Ruhan du Toit gee met sy nuwe lied, Pa vir Kersfees, ’n stem aan verlies en die verlange na ’n geliefde. Die lied vertel die verhaal van Wolraad Woltemade se seun, Christiaan Ludwig, wat sy pa verloor het toe dié in 1773 tydens ’n storm in Tafelbaai verdrink het terwyl hy skipbreukelinge gered het.
Volgens AfriForum, wat die projek bekend gestel het, was die première van die musiekvideo op 22 Oktober en is dit op AfriForumTV en YouTube beskikbaar. Die lied oor die geskiedenis van Woltemade en sy seun is oorspronklik deur Henry-John Williams geskryf en deur Stephan Hugo Botha verwerk. Hoërskool Garsfontein se koor, onder leiding van Ruan Odendaal, dra ook tot die uitvoering by.
Die lied fokus nie net op Woltemade se heldedaad nie, maar ook op die persoonlike verlies van ’n kind wat sy pa mis. Dit is op YouTube en ander musiekstromingsplatforms beskikbaar.
Druk hier om meer te lees.