GAUTENG. – Die dagvaardings teen Fikile Mbalula en Julius Malema op aanklagte van crimen injuria is voorlopig opgeskort hangende ’n hersiening deur adv. Andy Mothibi, die nasionale direkteur van openbare vervolgings.
Barry Bateman, woordvoerder van AfriForum se privaatvervoglingseenheid, sê dié eenheid het korrespondensie van adv. Andrew Chauke,die Gautengse adjunkdirekteur van openbare vervolgings, ontvang om mee te deel dat ’n dagvaarding op Fikile Mbalula beteken is om op 27 Oktober en Malema op 26 Oktober in die hof te verskyn. Die NVG se skriftelike bevestiging oor Malema se dagvaarding word nog afgewag.
Die aanklagte hou verband met bewerings dat die twee politici Jaco Pieterse, voormalige hoof van Bergview College, in die openbaar valslik as ’n kinderverkragter bestempel het. AfriForum sê hy verwelkom adv. Andrew Chauke se besluit om Mbalula se vertoë te verwerp en hoop dat die hersiening nie die vervolging van die twee sal ontspoor nie.
Druk hier om meer te lees.