FNB-kliënte kan probleme ondervind met die bank se toepassing, aanlyn bankdienste en kaartbetalings. Die bank het kort gelede op sosiale media gewaarsku dat sommige van sy dienste probleme ondervind en dat tegniese spanne besig is om die fout reg te stel.
Volgens FNB sal die bank n verdere opdatering verskaf sodra meer inligting beskikbaar is. Kliënte word aangeraai om FNB se amptelike sosialemedia-kanale dop te hou vir verdere aankondigings. Dit is nog nie duidelik hoeveel kliënte geraak word of wanneer alle dienste na verwagting ten volle herstel sal wees nie.
Bronne: FNB, Downdetector
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: