Brekende Nuus
Nuus

Phoenix-padongeluk eis lewe van tiener, 3 ander ernstig beseer

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tienermeisie is Sondagaand dood nadat ‘n voertuig in Eastburyweg in Phoenix van die pad af geswenk en teen ‘n boom gebots het. Drie ander mense is ernstig beseer.

Volgens KZN VIP Protection Services het die bestuurder blykbaar beheer oor die voertuig verloor voor dit teen die boom vasgery het. Die impak het drie insittendes in die wrak vasgekeer gelaat. 

Mediese spanne van KZN VIP, gevorderde lewensondersteunende-paramedici en ander nooddienste was gou op die toneel. Brandweermanne het die vasgekeerdes uit die wrak bevry, terwyl paramedici intussen probeer het om hul toestand te stabiliseer.

Nadat die drie beseerdes op die toneel behandel is, is hulle na hospitale en mediese fasiliteite in die omgewing geneem. Die tienermeisie is ter plaatse dood verklaar.