Brekende Nuus
Nuus

AfriForum stel 1 Desember in as dag teen plaasmoorde

Foto: AfriForum

AfriForum het 1 Desember vanjaar as ’n wêreldwye dag teen plaasmoorde aangewys. Die organisasie wil dié dag jaarliks gebruik om slagoffers van plaasmoorde en plaasaanvalle te herdenk, hul naasbestaandes te ondersteun en internasionale aandag op geweld teen Suid-Afrika se landelike gemeenskappe te vestig.

AfriForum het die datum gekies ter nagedagtenis aan die tweejarige Wilmien Potgieter, wat op 1 Desember 2010 saam met haar ouers, Attie en Wilna, op hul plaas in die Vrystaat vermoor is.

Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, vra mense om op 1 Desember ’n klein wit kruis op hul klere te dra of ’n wit hemp aan te trek. AfriForum se takke sal landswyd om 12:00 ’n oomblik van stilte hou. Die organisasie nooi mense in Suid-Afrika en elders om aan die stilteminuut deel te neem of hul eie herdenkingsgeleenthede te reël. AfriForum is ook besig om internasionale rolspelers, veral in die VSA, by die inisiatief te betrek.

Druk hier om meer te lees.