WES-KAAP. – ’n Bejaarde man is Dinsdagaand 10 November by ’n woning in Eversdal, Bellville, dood aangetref nadat Titanium Securitas se mediese reaksiespan om 19:15 ’n dringende ambulansversoek weens ’n ernstige aanranding ontvang het. Met hul aankoms het die span geen tekens van lewe by die man gevind nie.
Titanium Securitas sê volgens voorlopige inligting wat op die toneel ingewin is, het die man se seun hom na bewering gemartel en doodgemaak en daarna sy liggaam in ’n vullisdrom op wiele geplaas. Volgens die veiligheidsmaatskappy ondersoek die polisie die omstandighede van die voorval.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: