Brekende Nuus
Nuus

Chery en Omoda herroep 23 667 voertuie

Foto's: Chery en Omoda

Chery Suid-Afrika herroep landwyd 23 667 Chery- en Omoda-voertuie weens moontlike gebreke aan die agteras of voorste rempyp, luidens ’n kennisgewing wat die nasionale verbruikerskommissie (NVK) Dinsdag uitgereik het. Die herroeping raak sekere Chery Tiggo 4-, Chery Tiggo 8 Pro Max 2.0- en Omoda C5-modelle.

Phetho Ntaba, woordvoerder van die NVK, sê volgens Chery kan sweisgebreke by die agterashuls van die Tiggo 4 en Omoda C5 veroorsaak dat die agteras loskom en die agtervering ingee. By die Tiggo 8 Pro Max 2.0 kan die voorste rempyp teen die turbo-aanjaer skuur. Dit kan remvloeistof laat uitlek, remvermoë verminder en die voertuig se remafstand verleng.

ModelGetal voertuieTydperk
Chery Tiggo 417 508Van 17 Oktober 2023 tot 27 Maart 2024 te koop aangebied
Chery Tiggo 8 Pro Max 2.03 474Vanaf 20 Mei 2026 vervaardig
Omoda C52 685Van Februarie 2023 tot Julie 2026 te koop aangebied

Eienaars van hierdie voertuie kan hul voertuigidentifikasienommer (VIN) op Chery se webwerf nagaan om te sien of die herroeping hul voertuig raak. Hulle kan ’n gemagtigde handelaar vir ’n inspeksie en enige nodige herstelwerk kontak. Indien die voertuig onveilig is om te bestuur, kan die handelaar of Chery se kontakpunt reël dat dit gesleep word.

Enige herstelwerk ingevolge die herroeping word kosteloos gedoen. Navrae kan aan [email protected] gerig word. Hardin Ratshisusu, waarnemende kommissaris van die NVK, sê ’n afsonderlike ondersoek wat in Oktober begin het, duur voort. Dit handel oor bewerings dat Chery sekere voertuie herroep het sonder om die kommissie daarvan in kennis te stel.