KWAZULU-NATAL. – Die diere by die St. Lucia Crocodile Centre is ongedeerd nadat brandbestryders ’n brand wat vroeg Maandagoggend 23 November uitgebreek het, onder beheer gebring het voordat dit die diere se afdeling bereik het.
Ezemvelo KZN Wildlife en die iSimangaliso-vleilandpark sê die sentrum is tydelik gesluit. Volgens ’n voorlopige verslag is die ontvangsgebou deur die brand verwoes. Die omvang van die skade sal na verwagting later vandag bepaal word. Die oorsaak van die brand is nog onbekend en ’n ondersoek sal binnekort begin.
Petrus on the Move het dié video van die brand gedeel met die woorde “Sad Day For St Lucia Estuary.”

Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: