Brekende Nuus
Nuus

Vonnisoplegging in Kirsten Kluyts-moordsaak weer uitgestel

Kirsten Kluyts
Foto's: Delta Park en Channel N-TV

GAUTENG. – Die Johannesburg-hooggeregshof het Maandag die vonnisoplegging van Bafana Mahungela vir die moord op die onderwyseres Kirsten Kluyts tot 7 Desember uitgestel. Die uitstel volg op die aanstelling van ’n nuwe regsverteenwoordiger vir Mahungela.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê Mahungela se nuwe regsverteenwoordiger het die staat gevra om die voorvonnisverslae en slagofferimpakverklarings aan die verdediging te verskaf sodat hy vir die vonnisverrigtinge kan voorberei.

Kluyts, ’n onderwyseres by Hoërskool Delta Park, is op 29 Oktober 2023 vermoor terwyl sy aan ’n hardloopbyeenkoms by George Lea Park in Sandton deelgeneem het. Die hof het Mahungela skuldig bevind aan ontvoering, poging tot verkragting, roof met verswarende omstandighede, regsverydeling en moord.

Die NVG sê hy sal toesien dat die uitstaande stappe afgehandel word voordat die vonnisverrigtinge hervat word.