OOS-KAAP. – Twee mense is Donderdag dood en ’n leerling word steeds vermis ná ’n verdrinkingsvoorval by Koffiebaai in Mqanduli. Lewensredders kon daarin slaag om twee persone te red.
Kapt. Welile Matyolo, polisiewoordvoerder, sê ’n 50-jarige onderwyser en drie leerlinge van ’n plaaslike laerskool het geswem toe hulle glo opgemerk het dat nóg ’n leerling in die water sukkel. Hulle het na bewering probeer help en toe self in die moeilikheid beland. Volgens die polisie is twee liggame gevind.
’n Polisiehonde-eenheid, duikers en ’n helikopter is ingespan om na die vermiste leerling te soek. Die polisie ondersoek die omstandighede van die voorval.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: