Trump wil TikTok verban

Lees ook :

President Donald Trump het Vrydag aan verslaggewers gesê hy gaan die TikTok-toep, wat deur ’n moedermaatskappy in China besit word, verban om in die Verenigde State te werk.

Die rede daarvoor is omdat TikTok glo ’n nasionale veiligheidsrisiko kan inhou.

Die Amerikaanse regering doen ‘n nasionale veiligheidsoorsig van TikTok en is voorbereid om ‘n beleidsaanbeveling aan Trump te maak, het die minister van finansies, Steven Mnuchin, vandeesweek in die Withuis aan verslaggewers gesê.

ByteDance, die maatskappy wat TikTok besit, oorweeg veranderinge aan die korporatiewe struktuur en het na bewering reeds ondersoek ingestel na die moontlikheid om ‘n meerderheidsbelang in TikTok te verkoop.

Kritici van TikTok is bekommerd die data wat hulle oor Amerikaanse gebruikers versamel, kan in die hande van die Chinese regering beland, hoewel TikTok gesê het hy sy data buite China stoor en dat dit enige pogings van Beijing om die inligting te bekom, sal weerstaan.

“TikTok Amerikaanse-gebruikersdata word in die VSA gestoor met streng kontrole op werknemers se toegang. Die grootste beleggers van TikTok kom uit die VSA. Ons is daartoe verbind om ons gebruikers se privaatheid en veiligheid te beskerm, omdat ons aanhou werk om vreugde en suksesvolle loopbane vir diegene wat op ons platform skep, te bring,” het Hilary McQuaide, woordvoerder van TikTok, aan CNN Business gesê.

Kundiges van kuberveiligheid het gesê die potensiële risiko vir nasionale veiligheid van TikTok is grootliks teoreties en dat daar geen bewyse is wat daarop dui dat TikTok se gebruikersdata deur Chinese intelligensie in die gedrang gebring is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief