Oud-bokke twis oor Black Lives Matter

Lees ook :

Groot twis oor Francois Pienaar (53) se standpunt oor Black Lives Matter het glo op die Springbok-wêreldbekerspan van 1995 se WhatsApp-groep uitgebreek.

Van Pienaar se oudspanmaats is glo ontsteld en het hom gekritiseer oor sy knieval om solidariteit te toon met die Black Lives Matter-beweging voor die onlangse Solidarity Cup-krieketwedstryd en voel glo sy optrede hulle ook nou met dié beweging assosieer.

Die gesprek op die groep het glo so intens geraak dat Pienaar die groep verlaat het.

Vier ander spanlede het daarna ook die groep verlaat.

Pienaar het in ’n onderhoud aan Rapport gesê dat enige familie ’n meningsverskil kan hê en daar word te veel van die saak gemaak. “Die vertrekpunt van BLM by die Solidariteit-krieketwedstryd is dat ons teen enige vorm van rassisme en onderdrukking is.”

Lees Rapport se berig hier: https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/bokke-in-bitter-black-lives-twis-20200802

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief