Baba by kliniek in Bloemfontein ontvoer

Lees ook :

Foto: SAPD

BLOEMFONTEIN – ’n Twee maande oue baba is Donderdag 30 Julie 2020 by die Bloemspruit kliniek in Bloemfontein ontvoer.

Brig. Motantsi Makhele, polisie woordvoerder, sê die ma (18) het na die kliniek gegaan om medikasie te gaan haal, toe haar baba deur ’n onbekende vrou ontvoer is. “n Vrou wat ook in die ry by die kliniek was, het vir die ma gesê babas word nie in die kliniek toegelaat nie. Sy het die vrou gevra om haar baba vas te hou terwyl sy haar medikasie kry. Toe sy uitkom het die vrou met haar baba verdwyn.”

Die vrou het ’n wit trui met swart strepe, bruin langbroeke en wit All Stars-skoene aangehad.

Indien jy enige inligting het, skakel die ondersoekbeampte, Corne van Zyl, by 083 456 5683 of Crime Stop by 08600 10111 (24/7) of op die My SAPS-mobiele APP.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief