Wees produktief regdeur die week

Lees ook :

’n Suksesvolle week is wanneer jy jou tyd effektief bestuur het en by al jou take vir die week uitgekom het.  Hierdie volgende wenke sal jou help om jou tyd optimaal te bestuur.

1. Optimaliseer jou planne

 GTD (Getting Things Done) is ‘n metode om jou te help om jou planne of take te prioritiseer. Dit is moontlik om ‘n lang lys take te hê en om steeds ‘n produktiewe week te hê. Die beplanningsproses is wat saak maak. Deur GTD te gebruik om jou week te beplan, kan jy fokus op betekenisvolle take in plaas van die hoeveelheid take wat jy moet verrig. Die sleutel is dat jy reeds weet wat geprioritiseer moet word. Resultate word meeste van die tyd nie bereik nie vanweë ‘n gebrek aan konsentrasie en omdat jy nie jou lys take aan die begin van die week vir jouself uitskryf nie.

2. Fokus op een ding op ‘n slag

Dit is belangrik om op een taak op ’n slag te fokus sodat jy dit na die beste van jou vermoëns kan uitvoer. Die eerste stap van GTD gaan oor die neerskryf van jou weeklikse take sodat jy kan prioritseer wat belangriker is. Hierdie proses sal help dat jou take nie oorvleuel nie en jou fokus nie verskuif sal word tussen verskillende take of werksopdragte nie. Afleidings is alreeds volop en daarom is dit belangrik om met doelgerigtheid te werk. Dit is nie moontlik om multitasking in elke situasie uit te skakel nie, maar deur bewustelik te weier dat jou aandag afgelei word, kan jou ‘n baie meer produktiewe week gee.


3. Gaan jou weeklikse vordering na

Vra jouself aan die einde van elke week of die werk wat jy die week gedoen het belangrik en effektief was. Kyk na jou vorderingslys aan die einde van die week en bepaal aan watter take jy nog aandag moet gee. Herhaal die proses weekliks.

4. Kommunikeer wanneer probleme opduik

Nie alles wat jy beplan, word gedoen nie. Daar is dikwels eksterne redes hoekom ’n taak nie uitgevoer word nie. Moenie ’n taak of werksopdrag uitstel omdat jy dit nie self kan oplos nie. Vra hulp van ’n bestuurder, ’n spanmaat, adviseur of enige ander persoon wat jou sal kan help.


5. Leer om “nee” te sê

 Wees kieskeurig. Omdat iets gedoen kan word, beteken dit nie dat dit deur jou gedoen moet word nie. Fokus op jou doelwitte. Neem ‘n minuut of twee om na te dink wanneer iemand jou vra om iets te doen, of as jy iets wil neerskryf. Begin om vir van die dinge nee te sê en fokus slegs op geselekteerde take. Los onbelangrike dinge uit. Doen net die belangrike dinge.


6. Beplan jou week op ’n Vrydagmiddag of op ’n Maandagoggend

Om jou volgende week Vrydagaand te beplan voordat jy die werk verlaat, is ’n baie goeie idee. Jy sal ’n sorgvrye naweek kan hou en Maandagoggend dadelik kan begin. Baie bestuurders doen hul weeklikse beplanning op Sondagaande, maar Vrydagaand sou meer produktief wees.


7. Fokus op die resultate, nie die proses nie

As ons na ons taaklyste kyk, skryf ons dikwels nie meetbare resultate neer nie, maar aksies of prosesse. Gevolglik is dit moeilik om te sê of die taak suksesvol is of nie. Probeer, indien moontlik, eerder op die resultate fokus. Op hierdie manier sal dit baie makliker wees om ’n doelwit voltooi te verklaar en na die volgende groot weeklikse doelwit oor te gaan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App