Deacon-moorde: Een verdagte vas

Lees ook :

Die polisie het vroeg vanoggend ‘n verdagte in verband met die moorde op Lizette en Hettie Deacon in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê Lizette (55) en haar ma, Hettie (70) is Donderdagaand by hulle huis in Welgelegen in Polokwane aangeval.

“Die slagoffers se buurman het glo net na 18:00 na die meenthuis gegaan. Hy het bloed in die huis opgemerk, waarna hy die polisie in kennis gestel het,” sê brig. Mojapelo.

Die lyke van die slagoffers is met verskeie steekwonde in die kattebak van hulle motorvoertuig gevind.

Lizette was die eienaar van Ocean Basket-takke in die Mall of the North en die Savannah Mall.

Die polisie is glo op soek na nog verdagtes in verband met die moorde.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief