DURBAN. – Die tienermeisie, Renata Soobramoney (16), is steeds vermis nadat sy glo Sondagaand om 21:30 van haar huis in Karley Close, Reservoir Hills weggeloop het.
Reaction Unit South Africa berig Soobramoney het niemand die aand in kennis gestel dat sy die huis verlaat nie. Sy is tans ‘n graad 11-leering by Hoërskool Kloof.
Sy was geklee in ‘n swart Adidas-baadjie en ‘n blou jean. Sy het nie haar selfoon of ander klere saam met haar geneem nie. Almal op Facebook word gevra om haar foto te deel en Reaction Unit South Africa by 086 1234 333 te kontak indien jy weet waar Soobramoney haar bevind.
LEES OOK: DBV-lede ontslaan na hulle gans se nek op video afsny
LEES OOK: KYK: Man in uniform slaan motorbestuurder deur die gesig
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.





