Aanklaer sê Louvre-verdagtes is nie deel van georganiseerde misdaadgroep nie

Lees ook :

Aanklaer sê Louvre-verdagtes is nie ‘deel van georganiseerde misdaadgroep’ nie fotokrediet: Canva

PARYS, FRANKRYK. – Die Paryse aanklaer Laure Beccuau het gesê die verdagtes wat daarvan aangekla word dat hulle verlede maand die Louvre-museum beroof het, is plaaslike misdadigers, maar is nie “geassosieer met georganiseerde misdaad nie”.

Lees ook: Louvre-verdagtes erken ‘gedeeltelike betrokkenheid’

Vier persone – drie mans en ‘n vrou wat “almal min of meer in Seine-Saint-Denis” woon, is in hegtenis geneem en aangekla van die diefstal .

Twee van die verdagtes wat eerste in hegtenis geneem is, is bekend aan die polisie omdat hulle verskeie kere vantevore van diefstal skuldig bevind is.

Die man (37) en die vrou (28) is op 29 Oktober in hegtenis geneem en Saterdag aangekla. Beccuau het gesê die man was glo een van die vier verdagtes wat deel was van die inbraak. Hy het 11 skuldbevindings teen hom. Die vrou is sy meisie en die ma van sy kinders. Sy is ook in hegtenis geneem nadat haar DNS op die misdaadtoneel gevind is. Beccuau het gesê die DNS is moontlik oorgedra deur iemand wat in kontak was met haar of ‘n voorwerp wat sy aangeraak het, is moontlik daar geplaas.

Drie ander mense wat verlede week in hegtenis geneem is, is sonder aanklagtes vrygelaat. Die vierde manlike verdagte word nog gesoek.

Bronne: BBC, The Globe and Mail, The Independent

Lees ook: Louvre-verdagtes erken ‘gedeeltelike betrokkenheid’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief