Aanklaers soek 20 j. tronkstraf vir man wat 50 mans nooi om vrou te verkrag

Lees ook :

Aanklaers soek 20 jaar tronkstraf vonnis vir man wat 50 mans genooi het om vrou te verkrag
Aanklaers soek 20 jaar tronkstraf vonnis vir man wat 50 mans genooi het om vrou te verkrag fotokrediet: Canva

Lees ook: Man in hof wat glo 50 mans toelaat om bedwelmde vrou (71) te verkrag

FRANKYK. – Aanklaers het geëis dat Dominique Pelicot, die man wat sy eksvrou glo vir ‘n dekade bedwelm het en 50 mans genooi het om haar te verkrag, 20 jaar tronkstraf moet kry.

Pelicot, wat skuld op die aanklagtes erken het, moet ook vir 10 jaar mediese behandeling ondergaan. Aanklaers het gesê 20 jaar is “lank, maar te min vir die erns van die misdrywe wat uitgevoer en herhaal is”.

Pelicot het Gisèle Pelicot vir dekades bedwelm en sowat 50 mans op die internet genooi om haar in hulle huis te kom verkrag. Meeste van die mans wat ook nou verhoor word, het gesê hulle kan nie skuldig wees nie, want hulle het nie geweet sy is bewusteloos nie en het dus nie “geweet” hulle verkrag haar nie.

Die 50 mans se prokureurs sal oor die volgende drie weke hulle slotargumente lewer. ‘n Uitspraak word teen 20 Desember verwag.

Bronne: BBC, ABC News, The Telegraph

Lees ook: Man in hof wat glo 50 mans toelaat om bedwelmde vrou (71) te verkrag

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief