Man in hof wat glo 50 mans toelaat om bedwelmde vrou (71) te verkrag

Lees ook :

Man in hof wat glo sowat 50 mans toelaat om bedwelmde vrou (71) te verkrag
Man in hof wat glo sowat 50 mans toelaat om bedwelmde vrou (71) te verkrag fotokrediet: Canva

Lees ook: Voormalige Mej. Switserland-finalis deur man doodgemaak en opgekap

FRANKRYK. – ’n Man wat glo sy (nou voormalige) vrou bedwelm het en 50 mans toegelaat het om haar te verkrag, is vandag in die hof.

Dominique Pélicot (71), ‘n afgetrede elektrisiën, het vandag in die hof erken hy is ’n verkragter, “nes almal in hierdie hofsaal”.

Hy en 50 ander mans word aangekla van die verkragting van sy voormalige vrou, Gisèle Péllicot (71). Péllicot het vandag in die hof erken hy is ‘n verkragter en dat die ander mans ook daarvan geweet het. Hy het gesê Gisèle het dit nie verdien nie en dat hy gelukkig was saam met haar.

Pélicot en Gisèle was 50 jaar getroud toe hy haar glo gevra het om te swing. Sy het geweier en hy het haar na bewering begin bedwelm en mans, tussen 22 en 70 jaar oud, wat hy op ‘n webtuiste gekry het, genooi om haar te verkrag terwyl hy dit verfilm het. Die verkragtings het glo in 2011 begin.

Bronne: The Independent, BBC, CBC News

Lees ook: Voormalige Mej. Switserland-finalis deur man doodgemaak en opgekap

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App